Home News Beveilig begraafplaas

Beveilig begraafplaas

165
SHARE

Dit is onaanvaarbaar dat dit toegelaat word en hoe gevaarlik is dit vir vrouens wat daar wil ingaan

File Image: G. Crescoli on Unsplash

Ek is van Klerksdorp en was die afgelope naweek in Kimberley om my vader se graf te besoek. Toe ek by Kenilworth begraafplaas kom moes ek met skok sien dat die begraafplaas in ’* plakkerskamp verander het. Ek het onveilig gevoel met my vrou en kinders in die motor en het besluit om eerder nie in te gaan nie. Daar is selfs mense wat delf vir diamante daar.

Dit is onaanvaarbaar dat dit toegelaat word en hoe gevaarlik is dit vir vrouens wat daar wil ingaan.

Die grafte en grafstene is voor betaal en nou word dit van die publiek ontneem om hul geliefdes se grafte te besoek.

Kan iemand die plakkers asseblief daar verwyder en die plek weer beveilig dat die publiek weer hul geliefdes se grafte kan besoek.Dit is ’* reg en ’* vooreg om besoek daar te kan bring.

A Esterhuizen