Home Ons Kontrei Verdere kragonderbrekings

Verdere kragonderbrekings

82
SHARE

DIKGATLONG MUNISIPALITEIT

File picture: Reuters/Siphiwe Sibeko

INWONERS van van Barkly Wes, Delportshoop en Longlands sal hierdie week “intensiewe kragonderbrekings” ervaar indien ‘n betalingsooreenkoms nie Maandag tussen die Dikgatlong Munisipaliteit en Eskom bereik word nie.

Eskom het verlede week reeds met onderbrekings in die munisipaliteit begin, met inwoners sonder elektrisiteit van 06:00 tot 08:00 en 17:00 tot 19:30 op weeksdae en van 08:30 tot 11:00 en 15:00 tot 17:30 oor naweke.

Die munisipaliteit skuld Eskom meer as R60 miljoen . . . van die skuld is sedert  Augustus 2013 uitstaande.

Eskom het gesê dat ‘n betalingsooreenkoms nie bereik is nie en indien dit nie teen Maandag gebeur nie, verdere kragonderbrekings teen Dinsdag toegepas sal word.

Dit sluit in van 06:00 tot 09:00 en 17:00 tot 08:30 op weeksdae in van 8.30 tot 12.00 en 15.00 tot 19.00 oor naweke.

Die munisipaliteit kan vanaf 12 Junie selfs meer onderbrekings verwag – tussen 06:00 en 20:00.