Home Ons Kontrei Uitstekende blomseisoen verwag

Uitstekende blomseisoen verwag

269
SHARE

'Namakwaland is ’n streek wat nooit teleurstel in die blommeseisoen nie'

MET DIE droogte wat onlangs groot dele van die Noord-Kaap teister en bloot motreën wat hier en daar val, is die vraag tans op menige blomliefhebbers se lippe – gaan daar vanjaar blomme wees in die blomseisoen?

“Namakwaland is ’n streek wat nooit teleurstel in die blommeseisoen nie,” sê Mike Spies, die eienaar van ‘n bekende toeragentskap.

“Die streek het meer as 3 500 verskillende spesies blomme wat elke jaar blom. Die blomme bly nooit weg nie en die reën ook nie. Die reën raak somtyds minder, maar bly nooit weg nie.”

Bo en behalwe die Namakwalandse blomme, spog die omliggende streke soos die Bokkeveld, die suidelike dele van die Weskus en Sederberge ook met hul eie blomtapyte.

“Ons verwag ’n uitstekende blomseisoen, ten spyte van die droogte. Een ding wat mens altyd moet onthou, is dat daar in sommige plekke meer as 40 000 sade per vierkante meter is. En hierdie sade kan die droogte weerstaan. Al het die sade reeds ’n paar jaar terug geskiet, kan hulle vanjaar ontkiem as die omstandighede in hulle guns is. Ons verwag ’n uitstekende blomseisoen.

“2017 was die droogste jaar wat ons nog beleef het. En ten spyte daarvan, het ons op elkeen van ons toere (altesame nege) vir die mense fantastiese blomtonele gewys.”

Mike is deel van die derde generasie Spiese by Namakwa Toere en het grootgeword in die streek. “Ek ken die geskiedenis van die streek en verstaan die kultuur van die mense.”

Die datums vir die blomtoere vanjaar, is as volg:

Vierdag-blomtoere:

● 1 tot 4 Augustus

● 28 tot 31 Augustus

● 7 tot 10 September

● 11 tot 14 September

● 15 tot 18 September

Vyfdag-blomtoere:

● 5 tot 9 Augustus

● 17 tot 21 Augustus

● 2 tot 6 September

Sesdag-blomtoere:

● 10 tot 15 Augustus

● 22 tot 27 Augustus

Vir meer inligting besoek www.namakwatoere.co.za.