Home Ons Kontrei Reuse inspuiting vir landbou in die Noord Kaap

Reuse inspuiting vir landbou in die Noord Kaap

47
SHARE

Leidende name in implement bedryf vestig groot sentrum

ADVERTENSIE


DIE UITERS geharde Kverneland en ander leidende name in die implement bedryf vestig nou ‘n groot sentrum onder die vaandel van Jupidex in Kimberley. 

“Ons het toenemend ondervind dat boere nie bewus is van die uitgebreide reeks en dienste wat Jupidex bied nie omdat plaaslike handelaars net beperkte voorraad aanhou.  

“Met die vestiging van hierdie tak plaas ons voorraad  sentraal in die gebied asook deskundiges wat handelaars kan ondersteun of boere direk kan bedien,” sê Koot van der Merwe, uitvoerende hoof van Jupidex. 

Jupidex is deel van die Plennegy groep wat bekend geword het vir hul pionier werk in die kweek van saad, die Mascor reeks trekker en voertruig handelaars asook hul diversifikasie wat lugvaart, kourier dienste, bosbou, opvoeding en ander aktiwiteite insluit. 

Alhoewel die groep aktiwiteite diep tot in Afrika strek is die wortels stewig in Suid Afrika. Jupidex basseer sy sukses daarop om die wêreld se top gehalte implimente saam te snoer en koste effektief tot die beskikking van die Suid Afrikaanse boer te plaas. 

Die klem lê sterk op presiesie boerdery en die maatskappy spog met ‘n top span deskundiges wat die produkte vir boere in bedryf stel en ondersteun.

Die Kimberley verspreiding sentrum is gevestig in die ou Telkom sentrum wat maklik bereikbaar is in Schmidtsdriftstraat /N8 aan die Weste kant van die stad. 

Die tak hou ook ‘n groot hoeveelhied slytonderdele in voorraad en boere word genooi om ‘n draai te kom maak – ongeag of hul bestaande klante is of hul net kom vergewis van waarom die reeks so uitsonderlik is.

Die koordinate is S28°44.6246’  E024°43.5105’ en die ingang op die hoek van Schmidtsdriftweg en Drakensberglaan. 

Die normale besigheidsure in 08h00 to 16h30 Maandag tot Vrydag maar die manne is bereid om ook na ure te help waar daar nood is.