Home Ons Kontrei Nog sonkrag vir Pofadder

Nog sonkrag vir Pofadder

105
SHARE

Projek bring belegging en werksgeleenthede

Die Noord-Kaapse dorp Pofadder kan uitsien na massiewe belegging en meer werksgeleenthede nadat die Minister van energie, Jeff Radebe, onlangs een van die grootste sonprojekte in die provinsie ingewy het.

Die Xina Solar One Concentrated Solar Power-projek is een van sewe gekonsentreerde sonkragprojekte onder die Departement van Energie se Renewable Energy Independent Power Producer Procurement Programme (REIPPPP), wat almal in die Noord-Kaap geleë is.

Die provinsie word beskou as Suid-Afrika se “Solar Mecca”.

Die projek sal na verwagting skoon elektrisiteit aan sowat 95 000 huishoudings verskaf terwyl meer as R6 biljoen betrokke is.

Hiervan sal sowat 40% tot voordeel wees van die plaaslike ekonomie.

Volgens Radebe volg Xina Solar One die suksesvolle bekendstelling van nog twee sonkrag projekte in die Noord-Kaap – Kaxu Solar One en Khi Solar One.

“Vandag se inhuldiging is ‘n kritieke mylpaal, veral vir Pofadder. Dit is reeds die tuiste van twee Abengoa-projekte, Kaxu Solar One en Xina Solar One.”