Home Ons Kontrei Korter belastingseisoen

Korter belastingseisoen

248
SHARE

PROVINSIE

File Picture: INLSA

SARS het ‘n korter belastingseisoen aangekondig. Waarnemende kommissaris van Sars, Mark Kingon, het gesê die 2018-belastingseisoen sal met drie weke verkort word en sal nou loop van 1 Julie tot 31 Oktober 2018.

Dit beïnvloed alle individuele nie-voorlopige belastingbetalers en geld ook vir voorlopige belastingbetalers wat kies om opgawes by ‘n Sars tak in te dien.

Voorlopige belastingbetalers wat eFiling gebruik, het tot 31 Januarie 2019 tyd terwyl die sperdatum vir die wat nie eFiling gebruik nie, 21 September is.

Die rede vir die korter seisoen, volgens Kingon, is dat dit vir Sars, sowel as belastingbetalers, moontlik sal wees om terugkeerverifikasies te hanteer voordat die meeste belastingbetalers op hul Desember vakansie gaan.

“Dikwels is daar vertragings met belastingbetalers wat moet reageer op ons navrae en versoeke oor die vakansie seisoen,” het Kingon gesê.

“Die stil drie maande tydperk na die  belastingseisoen is nou verwyder, wat lei tot die doeltreffende gebruik van ons hulpbronne.”

Kingon het bygevoeg dat te veel mense wat nie verplig is om belastingopgawes in te dien nie (die wat tot R350 000 van een werkgewer verdien), dit wel nog doen.

“In die 2016-belastingseisoen het 1,8 miljoen mense wat nie ‘n belastingopgawe nodig gehad het nie, dit tog gedoen het, terwyl die syfer in die 2017-belastingseisoen 1,6 miljoen mense was.”