Home Ons Kontrei Die veld begin kriewel en nuwe lewe ontwaak

Die veld begin kriewel en nuwe lewe ontwaak

47
SHARE

Wonderlike blomseisoen wink

Foto: Namakwa Toere
UITSTEKENDE nuus vir blomkykers regoor die land – die wonderlike reën die afgelope tyd en dit wat nog voorspel word, het een belofte – dit gaan ’n fantastiese blommejaar wees, iets wat Namakwaland se blommestreke lanklaas gehad het.
 
“Die mense in die streek is so opgewonde. Dit voel vir ons of die droogte uiteindelik gebreek is en dat daar weer hoop is. Ons kan nie meer wag vir Augustusmaand nie. ’n Wonderlike blomseisoen wink vir ons,” vertel Mike Spies, eienaar van Namakwa Toere.
Die vierdag-Namakwaland Blommetoer se datums is van 1 tot 4 Augustus, 28 tot 31 Augustus, 7 tot 10 September, 11 tot 14 September en 15 tot 18 September en sluit besoeke in na onder meer Darling, Langebaan, die Knersvlakte, Garies, Nieuwoudtville met sy skouspelagtige waterval en gletserspore, die Olifantsriviervallei en Clanwilliam. Die toer maak ’n draai by die Kokerboomwoud en ook in die Pakhuisberge en toergangers is gewoonlik stomgeslaan deur die unieke rotsformasies.
 
Die vyfdag-Blommetoer vind plaas van 5 tot 9 Augustus, 17 tot 21 Augustus en 2 tot 6 September. Toergroepe reis onder meer na Langebaan, Dwarskersbos, Knersvlakte, Nieuwoudtville, Vredendal, die Weskus en Tulbagh. “Die besoek aan die Knersvlakte is een van die hoogtepunte van die toer en hoewel dit op die oogaf lyk asof geen lewe in die vlaktes kan voorkom nie, betower die versteekte skatte van die Knersvlakte altyd ons toerlede,” vertel Spies.
 
Van Vrydag, 10 Augustus, tot Woensdag, 15 Augustus en van 22 tot 27 Augustus vind die sesdag-Blommetoer plaas. Toergangers besoek onder meer die Weskus, die Knersvlakte, Vanrhynsdorp, Nieuwoudtville, Clanwilliam, Wupperthal, Porterville en Tulbagh. “’n Spesiale aspek van hierdie toer is die besoek aan die Knersvlakte met die yslike verskeidenheid dwergvetplantjies,” sê Spies. “Die Biedouw-vallei is ook ’n groot hoogtepunt op hierdie toer.”

Vir meer inligting besoek www.namakwatoere.com